Tuisblad
Feesprogram
Feesterrein
Kontak ons
Stalletjies
Houtstok Blog
Laai Kekkelkous af

 

Musiek fees met "kinkel"

"Vrede, Afrikaans, Vryheid" is die leuse wat gaan pols deur die vlaktes van die D'Aria Wynlandgoed wanneer die tweede Houtstok Afrikaanse Musiekfees April 2011 gaan afskop. Die fees vindplaas op die 29-30 April 2011 by D'Aria.

Van die top kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is reeds bevestig om hulle lojale ondersteuners toe te sing vanaf die 10m verhoog, omring deur 2 massiewe media skerms, 2x 40m biertente want ook deur die dag aan die publiek vermaak sal verskaf en verskeie kos stalletjies en vlooimarkte. Daar is kunstenaars vir enige smaak en ouderdom, van DJ Ossewa, Emo Adams en sy band Take Note, Wynand & Cheree, Armand Hofmeyr, Pieter Koen, Manie Jackson, Andriette Norman, Andries Vermeulen en vele ander opkomende kunstenaars.

Die D'Aria Wynlandgoed is geleë te Racecourse Road,Durbanville ongeveer 4km van Tygervalley Winkelsentrum na die wynlandgoed van Durbanville. Sekuriteitsheinings, 24-uur wagte en toegansbeheer sal verseker dat feesgangers en hulle besittings veilig en ongestoord is.

'n Verskeidenheid van stalletjies word opgerig om die koop, honger en dorsnood te verlig.
Kaartjies is nou beskikbaar by ons asook deur Payfast. Vir enige verdere navrae kontak die Houtstok kantoor by 021 200 1818 of janine@houtstok.co.za.

 
     
 
         
  Ingangsfooie: Volwassenes: Kinders (0/12): Pensionarisse:
  29 April 2011 R 65 R 35 R 35
  30 April 2011 R 85 R 50 R 50
   
  Kinders onder 6 jaar gratis
         
  VIP Ingangsfooie: (Slegs 250 kaartjies per dag beskikbaar)
  29 April 2011 R 275 Houtstok FAQ's  
  30 April 2011 R 300
   
 
         
  *Geen verblyf en oornag geriewe sal die jaar aangebied word nie.
         

Houtstok 2011 Afrikaanse Musiek Fees!!

 
Me Houtstok
VIP Lounge




Liedjieskryf Kompetisie SMS Kompetisie