Dag 1 Dag 2 Dag 3
Tuisblad
Feesprogram
Feesterrein
Jolifikasies
Stalletjies
Kontak ons
Houtstok Blog
Laai Kekkelkous af

 

Musiek fees met “kinkel”

“Vrede, Afrikaans, Vryheid” is die leuse wat gaan pols deur die vlaktes van die Swartland wanneer die Houtstok Swartland Afrikaanse Musiekfees April 2010 gaan afskop op die plaas Dieprivier in die Malmesbury distrik. Geinspireer deur die oorspronklike “Woodstock” van 1969, die ‘3 dae van vrede, vryheid en, 35 ure van afrikaanse musiek' vind plaas die naweek van 23-25 April 2010.

Die top kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is reeds bevestig om hulle lojale ondersteuners toe te sing vanaf die indrukwekkende 35m verhoog, omring deur 3 massiewe media skerms, 120m biertent, verskeie bekende kos stalletjies soos Spur, Kobus se Gat asook Lime Bar en ’n 200m² dansvloer. Daar is kunstenaars vir enige smaak en ouderdom, van Kurt Darren, Steve Hofmeyr, Eden, Nadine, Nicholas Louw, Dozi, tot FokofPolisiekar, Clive Bruce, Ray Dylan en Romanz.

Die plaas Dieprivier, 870 hektaar, is ideaal geleë teen die N7, 15km voor Malmesbury, slegs ‘n 40km hanetreetjie uit Kaapstad. Daar sal n Teddiedorp-kindersorg area wees vir kinders van af 1 jaar tot en met 12 jaar - vesekering dat ma en pa hul gate kan uitgeniet!

Sekuriteitsheinings, 24-uur wagte en toegansbeheer sal verseker dat feesgangers en hulle besittings veilig en ongestoord is.

’n Verskeidenheid van stalletjies word opgerig om die koop, honger en dorsnood te verlig. Om by te dra tot die feestelikheid, is daar ook ander vermaaklikheid vir elke ouderdom, ‘glip-en-gly’ baan, ‘Tuimel-Tollie’ (meganiese bul), Kayaking, "Scad-diving asook Water Walkers.

Vir die wat eenvoudig nie wil huiskry nie, is daar die Houtstok Tente-Dorp. Warm storte, elektrisiteit toevoer, toilet geriewe maak die opsie baie aanloklik. Koop jou eie 2 man Houtstok-tent by ons met 2 slaapsakke, 2 matrasse en 2 kussings vir R850 vir die naweek. Na Houtstok vat jy dit saam met jou!

Daar is plek vir karavaan eienaars of diegene met hulle eie tente om op die plaas te kom kamp. Staanplek is slegs R150 per dag. Daar is kragpunte, waterpunte, gemeenskaplike toilette, warmwater ablusie geriewe en 24 uur sekuriteit! Die kampeer terrein is oop vanaf die 22ste tot die 26ste April 2010, en is slegs op ‘n ‘first-come-first-serve’ basis.

Kaartjies is reeds beskikbaar by Computicket. Vir enige verdere navrae kontak die Houtstok kantoor by
021 554 9669 of janine@houtstok.co.za.

 
     
 
         
  Ingangsfooie: Volwassenes: Kinders: Pensionarisse:
  23 April 2010 R 125 R 65 R 65
  24 April 2010 R 175 R 85 R 85
  25 April 2010 R 150 R 65 R 65
  3 Dag pas R 375    
         
  VIP Ingangsfooie: (Slegs 450 kaartjies per dag beskikbaar)
  23 April 2010 R 325 Houtstok FAQ's  
  24 April 2010 R 500
  25 April 2010 R 350
  3 Dag pas R 875
         
  *Pryse sluit akkommodasie uit (kliek hier vir akkommodasie pryse)
         

Houtstok 2010 Afrikaanse Musiek Fees!!

 
Bespreek by Computicket
Me Houtstok
VIP Lounge
Tente Dorp
Shuttle Diens
Teddie Dorp



Liedjieskryf Kompetisie SMS Kompetisie Tygerbear Novel Ford Paarl www.capetownmagazine.com Coca-Cola SAB Distell Klipdrift www.castlelager.co.za Samsung Western Cape Tourism